Zambië: 'Lorries staan nog doodstil'

Geen van die gekonfiskeerde vragmotors is ondanks ’n aankondiging al toegelaat om Zambië te verlaat nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Sowat ’n week nadat die minister van grond en natuurlike hulpbronne in Zambië aangekondig het 272 van die 466 geskutte vragmotors mag onmiddellik huiswaarts keer, wag die drywers nog in spanning om te vertrek.

Dié minister, me. Jean Kapata, het verlede week in ’n verklaring gesê die 272 vragmotors wat oor wettige dokumentasie beskik het om gekapte hout deur Zambië te vervoer, “sal onmiddellik toegelaat word om na hul onderskeie bestemmings te vertrek”.

Sy sê in haar verklaring 194 van die vragmotors waarop daar in dié buurland beslag gelê is, beskik nie oor die regte dokumente nie en mag nie soos die ander na hul onderskeie lande terugkeer nie.

Zambië het ’n verbod geplaas op die uitvoer van alle hout, insluitend die uiters bedreigde mukula, ook bekend as rooshout, wat hoog in aanvraag is onder Chinese houtkopers.

Mnr. Blackie Swart, ’n Namibiese vragmotorbestuurder, sê die minister se opdrag is op nasionale televisie in Zambië uitgesaai, “maar tot nou het daar nog niks gebeur nie”.

“Al die lorries staan nog doodstil,” het hy gister vanaf Kafue in die suide van Zambië laat weet.

Swart was oor die naweek met Namibië se ambassadeur in Lusaka, amb.. Leonard Nambahu, in kontak om vas te stel wat die proses ophou. Laasgenoemde het in ’n WhatsApp-boodskap laat weet: “Ons word ook nie deur die Zambiese owerhede gekontak om vir ons te sê wat die volgende stap sal wees nie. Wees geduldig, ons hou aan probeer om julle vrygelaat te kry.”

Republikein kon nie gister daarin slaag om met hom in Lusaka kontak te maak nie.

Nambahu het egter verlede week aan Republikein gesê dit nie bekend hoeveel Namibiese vragmotors is onder die 272 wat die groen lig gekry het om te ry nie. Volgens hom het die ambassade die ministerie vir ’n gedetailleerde lys gevra.

Swart is sedert 22 Maart in Zambië. “Die omstandighede hier is haglik. Ons het nie toegang tot toilet- en badgeriewe nie en moet van die bosse gebruik maak. Snags waag ons dit nie in die bosse nie, aangesien hier al baie giftige slange doodgemaak is.

“Drinkwater en houtskool moet ten duurste gekoop word. Die water hier moet eers gekook word voordat ’n mens dit kan drink.

“Baie van die manne het al malaria gekry en moes maar self sien kom klaar om mediese behandeling te kry,” vertel Swart.

Volgens hom is daar tans 45 lorries van Namibië, Zimbabwe, Zambië en Botswana wat by Kafue staan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!