Zhivago topspeler by Old Boys

WHS Old Boys het die presteerders in sy drie spanne in die vorige seisoen erkenning gegee.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die draaibouler Zhivago Groenewald is as speler van die seisoen aangewys toe die krieketklub WHS Old Boys onlangs sy jaareindfunksie vir 2018-’19 afgehandel het.

Groenewald, in sy eerste seisoen nadat hy vanaf sy geboortedorp Walvisbaai en die kuskombinasie Welwitschias aangesluit het, was goed op dreef in die ligbloues se plaaslike seisoen. Hy het ook met die toekenning as die klub se voorste bouler in die premierliga vir eendagkrieket weggestap.

Boonop het hy die nuwe seisoen ook op ’n hoë noot afgeskop vir die Namibiese Eagles wat pas uit Florida teruggekeer het ná hul oorwinning in die driehoekige eendagreeks teen die VSA en Papoea-Nieu-Guinee. Groenewald het elf paaltjies in vier wedstryde geneem en het tot die tweede posisie onder die voorste paaltjienemers opgeskiet, ná Nosaina Pokana, snelbouler van PNG, wat reeds agt wedstryde gespeel en 17 paaltjies geneem het.

Gerhard Erasmus, die nasionale spankaptein, was WHS Old Boys se voorste kolwer in die premierliga oor 50 boulbeurte.

Ander pryswenners:

Beste kolwer T20 premierliga: JB Burger.

Beste bouler T20 premierliga: Christiaan Schumacher.

Beste kolwer, eerste liga (40 boulbeurte): Bruwer Laubscher.

Beste bouler, eerste liga (40 boulbeurte): Llewellyn Louw.

Beste kolwer, eerste liga T20: Bruwer Laubscher.

Beste bouler, eerste liga T20: Melrych Robin.

Beste kolwer tweede liga (30 boulbeurte): Gerhard Janse van Rensburg

Beste kolwer, tweede liga T20: Pieter Laubscher.

Beste bouler, tweede liga T20: Kosie van der Walt.

Gareth Cloete, wat onlangs deur Krieket Namibië as afrigter van die seisoen vereer is, bly aan vir sy vierde opeenvolgende seisoen aan die stuur van WHS Old Boys.

EAGLES ROEP DAVIN IN

Krieket Namibië het vandeesweek ’n afskeidgeselligheid gehou vir sy nasionale manspan, die Eagles, wat binnekort na Dubai vertrek.

Afrigters Pierre de Bruyn en Albie Morkel se span sal daar in die finale wêreldwye uitduntoernooi met die oog op die T20 Wêreldbeker meeding.

Namibië open sy aanslag op Saterdag 19 Oktober teen Nederland en speel die volgende dag teen Papoea-Nieu-Guinee. Hierna volg wedstryde teen Skotland (22 Oktober), Bermuda (23 Oktober), Kenia (25 Oktober), Singapoer (26 Oktober).

Daar is 14 lande in die toernooi, met die sewe in die ander groep Hongkong, Ierland, Jersey, Kanada, Nigerië, Oman en die Verenigde Arabiese Emirate.

Dié spulletjie speel uit vir ses plekke in die T20 Wêreldbeker, wat in Oktober volgende jaar in Australië gespeel word. Die tien lande wat reeds hul plekke verseker het, is Australië, Pakistan, Indië, Engeland, Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Wes-Indië, Afghanistan, Sri Lanka en Bangladesj.

Die kolwer en Pukke-student Niko Davin is die enigste byvoeging tot die Namibiese spelersgroep van 14, wat verlede maand ’n driehoekige eendagtoernooi in Florida teen die VSA en Papoea-Nieu-Guinee gewen het.

Ná afloop van laasgenoemde toernooi het ses Namibiëers die denkbeeldige Droom-elftal oorheers wat uit die toppresteerders gekies is. Die ses was JP Kotzé, Stephen Baard, Gerhard Erasmus, Zane Green (paaltjiewagter), Jan Frylinck en Zhivago Groenewald.

Al die genoemde spelers, asook Bernard Scholtz, Craig Williams, Pikky ya France, JJ Smit, Christi Viljoen, Tangeni Lungameni, Karl Birkenstock en Ben Shikongo vorm vandeesmaand die Eagles-toerspan na Dubai.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!