Zim-hof gevra om Mugabe te stuit
Zimbabwe se grondwetlike hof moet beslis of pres. Robert Mugabe, in ag geneem sy gevorderde ouderdom en beweerde skending van landswette, nog bevoeg is om in sy amp te dien.
Die hof het Vrydag bekend gemaak dat uitspraak volgende maand gelewer sal word in die aansoek wat gebring is deur die menseregteaktivis Promise Mkwananzi, wat ook die leier van die #Tajamuka-beweging teen Mugabe is.
In sy beëdigde verklaring voer Mkwananzi aan dat Mugabe, wat in Februarie 93 jaar oud word, die land se grondwet in baie opsigte geskend het en ook growwe menseregteskendings gepleeg het.
Mkwananzi voer ook aan dat Mugabe nie meer sy pligte as president doeltreffend kan uitvoer nie en dat sy gesondheid 'n bron van kommer is.
Die president reis gereeld na Singapoer vir katarakbehandeling.
Mugabe, wat sedert 1980 regeer, het al herhaaldelik gesê hy gaan nie sy amp neerlê nie omdat die volk 'n mandaat aan hom gegee het.
Opposisiepartye het die laaste verkiesing as “fundamenteel gebrekkig” beskryf.
#Tajamuka het verlede jaar 'n reeks betogings teen die regering gelei. Duisende aktiviste is in hegtenis geneem.
Dié protesaksie sal vanjaar voortgesit word, het Mkwananzi gesê.
“Ons gaan ons getalle in die land se strate vermeerder en Mugabe dwing om af te tree,” het hy gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie