Zimbabwe: Mnangagwa môre ingehuldig
Pres. Emmerson Mnangagwa word môre (Sondag) as die president van Zimbabwe ingehuldig.
Dit volg nadat die grondwetlike hof in dié buurland gister sy oorwinning in die presidensiële verkiesing op 30 Julie bevestig het.
Anders as wat gehoop is, het die verkiesing verlede maand in Zimbabwe tot onrus in dié land gelei wat selfs lewensverlies tot gevolg gehad het toe die weermag in die strate van Harare op inwoners losgebrand het.
Mnr. Nelson Chamisa, leier van die oppossieparty, Movement for Democratic Change (MDC), het die uitslag van die verkiesing in die hof betwis en aangevoer daar is bedrog gepleeg. Dit het meegebring dat Mnangagwa hangende dié geding nie ingehuldig kon word nie. - Nampa/Reuters
Ondersteuners van Mnangagwa het gister die hof se uitspraak in die strate van Harare gevier. Foto: Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie