Zuma verneder in SA verkiesing
Die eens magtige ANC-bevrydingsbeweging, wat volgens sy huidige leier sal regeer “totdat Jesus kom”, is verneder in die hoofstad, Pretoria, het die mag in Nelson Mandelabaai verloor, en is tot onder die 50%-kerf gedwing in Johannesburg en Ekurhuleni.
Vooruitskattings vir 2019 se algemene verkiesing wys hoe die party Gauteng kan verloor, waar sy steun nou geval het tot by 45%, en selfs landwyd verslaan kan word.
Selfs diegene wat krities was oor die DA se kanse om ooit beduidende swart steun te kry, moes die naweek toegee dat die party onder Mmusi Maimane klaarblyklik die ondenkbare regkry.
Om alles te kroon, is pres. Jacob Zuma – wat deur baie partylede blameer word vir die ANC se beroerde vertoning – Saterdagaand by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Pretoria verneder.
Vroue betoog
Vier vroue, almal in swart geklee, het voor die podium gaan staan toe Zuma sy toespraak begin het en het plakkate opgehou wat lui: “I am 1 in 3 # 10 Yrs Later Khanga Remember Khwezi.”
Die plakkate is ’n verwysing na die klaer in Zuma se verkragtingsverhoor, Fezekile Ntsukela Kuzwayo. Sy het later ’n gedig, “I am Khanga”, geskryf waarin sy haar uitspreek oor ’n verkragtingskultuur waar die verkragter as die slagoffer uitgebeeld is.
Zuma, klaarblyklik onbewus van wat op die plakkate staan, het voortgedreun: “Julle het die wêreld gewys ons is ’n lewendige demokrasie waar verskillende politieke opinies en diverse politieke voorkeure toegelaat word om te floreer.”
Zuma se skande was ook op die resultateskerm sigbaar.
DA vergroot voorsprong in twee metro's
In Kaapstad en Midvaal, die twee metro’s wat die DA voor Woensdag se verkiesing beheer het, het dié party sy meerderhede verdubbel.
In Kaapstad het die party vir die eerste keer ’n tweederdemeerderheid (66,61% van die stemme) terwyl die ANC, wie se Wes-Kaapse leier die vermeende sekspes Marius Fransman is, so te sê uitgewis is.
Minder as ’n kwart (24,4%) van Kapenaars stem nou ANC.
In die vroeëre ANC-vesting Nelson Mandelabaai, waar die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes in Mei op ’n verleentheid oor ’n halfvol stadion uitgeloop het, kon die ANC net 40,9% van die stemme lok teenoor 46,7% vir die DA.
Die DA het volstrekte meerderhede in 22 munisipaliteite behaal en maak gereed om in minstens 27 ander saam met koalisievennote te regeer.
Sy grootste wins is egter in die Gautengse metro’s van Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni, waar die ANC nou onder 50% boer. Danksy 43,1% in Tshwane het die DA hier die beste kans om ’n koalisieregering te vorm, en selfs in die ander twee is dit nie ’n uitgemaakte saak dat die ANC sal kan regeer nie.
Koalisie met EFF
As die DA slaag in sy soeke na ’n pakt in Gauteng – en teen laat Saterdagaand het ’n eens ondenkbare koalisie met die EFF van Julius Malema na ’n besliste moontlikheid gelyk – sal die DA die septer swaai oor die ekonomiese kern van Suid-Afrika, waar die helfte van die land se bruto binnelandse produk gegenereer word.
“Dit gaan ’n tydvak van koalisies wees waarin niemand, selfs nie ons, gemaklik sal kan wees nie. Op die lang duur sal dit uitstekend wees vir goeie regering,” sê Dali Mpofu, die EFF se voorsitter, aan Rapport.
Begrotings van R130 miljard is op die spel in Johannesburg (R54,8 miljard), Tshwane (R30 miljard), Ekurhuleni (R34,1 miljard) en Nelson Mandelabaai (R10,9 miljard).
Gevoelige slag vir ANC
Vir die ANC is dit meer as net ’n gevoelige slag.
Gauteng was eens die bron van die meeste ANC-stemme. Nou is dit KwaZulu-Natal, tuisprovinsie van Zuma en die enigste streek waar die party nog groei. Want reg oor die land, selfs in landelike gebiede van Limpopo en die Vrystaatse platteland, het die party tien persentasiepunte of meer steun verloor.
Die grootste slagoffers van die ANC se vernedering is gewone ANC-raadslede – baie vir wie hul munisipaleraadsalaris hul brood en botter was. Tot vroeër hierdie week was daar 5 631 ANC-raadslede. Ná die verkiesing sit 513 van hulle sonder werk.
Maar ook die suksesvolle DA sit met ’n kopseer – hoe om werkbare koalisies saam te flans. Sowel Maimane as James Selfe, die DA se federale voorsitter, het dit gister op ’n mediakonferensie dit duidelik gemaak dat die ANC beslis nie ’n opsie as koalisievennoot is nie. Dit laat die EFF – wat 11% in Johannesburg en 11,7% in Tshwane gekry het – as die enigste werkbare alternatief.
Die EFF het landwyd 8,6% van die stemme ingeoes, maar beheer geen plaaslike owerheid nie. Sy beste prestasie is in Rustenburg (26,7%), waar hy die ANC se meerderheid van 71,9% in 2011 tot 49% laat krimp het.
’n Ooglopende oplossing is ’n nasionale ooreenkoms tussen die EFF en die DA. Dit sal die twee partye in staat stel om Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni en selfs Rustenburg (saam met ander vennote) te regeer.
Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê die verkiesingsuitslag is veel meer as ’n swaai van die stedelike stem, maar waarsku dat ’n ANC-wegblystem dalk die regerende party se grootste probleem is. “Ek het ’n sterk voorgevoel dat die wegblystem ’n groter uitwerking op die uitslae gehad het as die swaaistem,” sê Venter.
Hy wys daarop dat net 15 miljoen kiesers uit ’n stemgeregtigde bevolking van 35,3 miljoen gestem het en net 26,3 miljoen selfs vir die verkiesing geregistreer het. Sowat 8 miljoen het vir die ANC gestem.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie