Beskerm biodiversiteit die Saterdag
Windhoekers word uitgenooi om Saterdag te help om indringerplante in ’n rivierloop in Olympia te verwyder.
“Ons het dalk niks te make gehad met die verspreiding van die indringerplante nie, maar ons kan ’n hand bysit om die inheemse habitat te beskerm,” lui die oproep van die Namibian Environment & Wildlife Society om komende Saterdag vanaf 09:00 by die rivierloop langs die Robert Mugabe- en Sean McBride-sirkel in Olympia bymekaar te kom om te help.
“Kaktusse, stinkblaar, Madagaskar-rubberklimop en ander indringerplante is besig om ons natuurlike plante en omgewing oor te neem en ons moet help voordat ons ons Namibiese biodiversiteit verloor.”
So lank as wat Cactus Clean-Up fondse ontvang, kan hul werkers deurlopend sulke plante uithaal, maar af en toe het hulle ’n helpende hand nodig.
Mense wat vir die omgewing omgee, kan Saterdag soos hul tyd dit toelaat by die Cactus Clean-Up en NEWS-lede aansluit om te help. Onthou om ’n tuinskêr, emmers, sterk handskoene, kartonbokse, stewige skoene,’n hoed en beskerming teen die son saam te bring, asook drinkwater en ’n versnapering om die energie- en suikervlakke hoog te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie