Ministerie onderskep vragmotor vol hout
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het oor die naweek in Windhoek op ‘n vragmotor met rou hout beslag gelê.
Die hout was vir uitvoer na Suid-Afrika bestem.
Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, is die 1 500 houtplanke tans in die ministerie se besit en die vervoerpermit is tydelik opgehef hangende verdere ondersoek om te bepaal waar dite hout vandaan kom en of dit wettig bekom is.
Die ministerie het in 2018 ‘n moratorium op die oes, vervoer, bemarking en uitvoer van hout geplaas. Dit het volgens Muyunda tot ‘n grootskaalse afname in ontbossing en die onwettige oes van hout gelei.
“Die ministerie het ook die monitering van woude en inspeksies opgeskerp om onwettige bedrywighede hok te slaan,” het hy gesê.
Muyunda het namens die ministerie ‘n beroep op die publiek gedoen om enige onwettige houtbedrywighede of ongerymdhede by die ministerie of ander verwante owerhede soos die Namibiese polisie aan te meld.
Hy het gemaan dié wat hulle hieraan skuldig maak met die lang arm van die gereg te doen sal kry.
Die ministerie het rolspelers in die houtsektor aan die bosbouwet en sy regulasies herinner wat die uitvoer van onverwerkte of rou hout, ingesluit semi-verwerkte planke, beperk.
“Om te verseker dié regulasie word nagekom, het die ministerie ‘n kennisgewing aan ons streek- en satellietkantore uitgestuur wat bepaal net die direkteur van bosbou in Windhoek mag uitvoerpermitte uitreik, soos vervat in die wet.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie