No Image Caption

Opgaardamme 73% vol

Ellanie Smit
Die gemiddelde vlak van die land se hoof water reservoirs staan tans op 73.4%, in vergelyking met verlede seisoen se 48.8%. Slegs die Neckertal-dam (95.1%) en die Naute-dam (80.9%) is steeds bo 80% van hul kapasiteit. Dit volgens Namwater se jongste dambulletin.

Die gemiddeld van die damme in die sentrale gedeeltes van Namibië is 44.8%, in vergelyking met verlede seisoen se 62.7%. In die suide van die land staan die gemiddelde vlak van damme op 82.5%, terwyl dit die vorige seisoen 53,1% was. In die ooste van die land is damme gemiddeld 15% vol teenoor verlede seisoen se 27,8%. Ander damvlakke in die land lyk soos volg: Olushandja in die noorde 10.3% (dieselfde as verlede seisoen), terwyl die Omaruru Delta in Erongo en die Omatjenne-damme in Otjozondjupa leeg is. Koeler lug word in die //Kharasstreek môre verwag. Dit sal warm tot baie warm in die suide en weste wees, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in die noordooste op plekke.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!