Hoof van privaatskool veg om te bly
Pos reeds geadverteer
Hangayika vra dat sy ontslag as skoolhoof tersyde gestel word.
Die skoolhoof van die Amazing Kids Privaatskool en Akademie in Windhoek het ’n dringende aansoek in die hoërhof gebring dat prosedures om hom uit sy amp van byna tien jaar te verwyder en ’n plaasvervanger aan te stel, stopgesit word hangende die uitspraak van ’n dispuut wat by die arbeidskommissaris aangemeld is.
Mnr. Jean-Pierre Hangayika het in Januarie 2013 as skoolhoof by Amazing Kids begin, wat deur die skool se raad van direkteure bekragtig is.
Volgens sy eedsverklaring is sy aanstelling steeds van krag aangesien sy diens nooit ooreenkomstig die prosedures soos vervat in die skool se menslikehulpbronnebeleid beëindig is nie.
“Ek het nooit bedank of afgetree nie en is ook nie afgedank of ontslaan nie,” lui sy verklaring.
In haar verweer sê die tweede respondent en besturende direkteur van Amazing Kids, Emma Kakona, Hangayika is wel as skoolhoof aangestel, maar is verskeie klagtes van ouers oor sy bevoegdheid en werk ontvang. Ná 'n vergadering saam met alle verwante partye is besluit om hom 'n aanbod te maak vir die aanstelling van 'n voltydse administrateur, Franse onderwyser, hoof van die Franse departement en ook openbare woordvoerder. Sy voordele wat hy as skoolhoof gehad het, sou steeds geld. In Augustus 2019 het Hangayika 'n kontrak vir laasgenoemde pos onderteken. Op 9 Desember verlede jaar is hy in 'n waarnemende hoedanigheid as skoolhoof aangestel, 'n aanbod en aanstelling waarmee hy volgens Kakona geen probleem gehad het nie. Sy aanstellingsbrief het dit ook duidelik gemaak sy aanstelling geld van 1 Januarie 2022 totdat die beheerliggaam van die skool 'n skoolhoof aanstel. Volgens haar het Hangayika eers op 11 November vanjaar, 11 maande ná die beweerde onregverdige regspraktyk, 'n dispuut by die arbeidskommissaris aanhangig gemaak.
Hangayika sê sy aanstelling is ook nie deur die raad van die direkteure opgehef nie en hy is nooit skuldig bevind aan enige wangedrag wat die verwydering uit sy pos of sy afdanking sou regverdig nie.
Volgens sy eedsverklaring het Hangayika op 9 Desember verlede jaar ’n brief ontvang vir sy heraanstelling as waarnemende skoolhoof en hoof van Franse taalstudie, logistiek en kommunikasie by Amazing Kids.
In Oktober vanjaar het hy op ’n “arbitrêre, irrasionele en skelm manier” ’n brief ontvang waarvolgens sy pos as waarnemende skoolhoof opgehef gaan word die oomblik wanneer die skool ’n nuwe skoolhoof vind.
Hangayika sê dis duidelik dat die skool hom teen alle koste uit die pos as skoolhoof wil verwyder en wat volgens hom onregverdige regspraktyk is. Volgens hom sou hy verwag dat hy minstens oorweeg sou word vir die posisie wat hy toe reeds etlike jare beklee het.
“In stede daarvan is ek doelbewus verhinder om voort te gaan as skoolhoof en afgradeer na die pos van ’n gewone onderwyser.”
Hangayika verwys in sy eedsverklaring ook na die feit dat sy “vakante” pos geadverteer is, voordat hy ingelig is dat hy uit die pos ontruim gaan word. Hy is eers glo twee dae voor die sperdatum vir aansoeke vir die pos ingelig oor die opskorting van sy kontrak.
Deel van die vereistes vir die skoolhoofpos was dat slegs Namibiërs hiervoor mag aansoek doen – ’n vereiste wat vir Hangayika onmiddellik uitskakel omdat hy nie ’n Namibiese burger is nie.
Hy beweer die vereiste diskrimineer teen die feit dat hy ’n erkende vlugteling in die land is en dat dit ’n skending van sy reg tot nie-diskriminasie soos vervat in die Namibiese grondwet is.
Hangayika vra in die dringende hofaansoek dat sy ontslag as skoolhoof tersyde gestel word; dat die skool nie inmeng by sy pligte as skoolhoof nie, asook dat hy vergoed word vir sy verlies aan inkomste weens sy onregmatige afdanking en verwydering uit sy pos.
Die dringendheid van die aansoek word gebaseer op die feit dat onderhoude met potensiële kandidate op 22 November gevoer is en die feit dat Amazing Kids gevolglik binnekort iemand in sy pos gaan aanstel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie