THINK ABOUT THE CHILDREN: Schools in the Khomas Region will start no earlier than 07h30 from next week 3 April.
THINK ABOUT THE CHILDREN: Schools in the Khomas Region will start no earlier than 07h30 from next week 3 April.

Khomas-skole terug op 'wintertyd'

Pelotonklasse eindig teen 16:30
Die opdrag tree op 3 April in werking en eindig op 31 Augustus.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Klasse by alle skole in die Khomasstreek sal nou nie vroeër as 07:30 en nie later as 08:30 begin nie.

Dit volgens ’n nuwe opdrag wat aan skole se raadvoorsitters en -hoofde uitgereik is.

Dié direktief, wat uitgereik is deur die direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Paulus Nghikembua, het gelui: “Die ministerie het kennis geneem van die implikasies van die wintertydverandering wat openbare protes ontketen het sedert die implementering daarvan. Die ministerie het opdrag gegee dat alle skole in die streek nie vroeër as 07:30 en nie later as 08:30 met werklike klasse moet begin nie.”

“Die Khomas-direktoraat wil hê primêre, junior sekondêre, senior sekondêre en spesiale skole – beide staat en privaat – moet die begintyd aanpas na nie vroeër as 07:30 nie, en daarna die sluitingstyd só aanpas dat dit steeds vir ouers moontlik is om leerlinge op te laai en betyds ná middagete terug te keer werk toe,” het hy gesê.

Skole wat die pelotonstelsel aanbied, waarvolgens leerlinge in die middae klasse bywoon, is aangesê om 12:30 met klasse te begin en nie later as 16:30 klaar te maak nie.

ALTERNATIEF

Skole wat nie dié direktief wil volg nie, moet goedkeuring vanaf die direktoraat verkry.

“Sulke skole sal volle verantwoordelikheid moet aanvaar vir enige gebeurtenis of voorval wat direk met die afwyking van hierdie opdrag verband hou.

“Dit is nodig gegewe die veelvuldige voorvalle van verkragting en seksuele molestering wat in ons gemeenskappe en die land as geheel plaasvind,” het Nghikembua gesê.

Die opdrag tree op 3 April in werking en eindig op 31 Augustus.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!