Leerling stap daagliks 14 km vir 'n beter toekoms
Enzo Amuele
Moses Nghitotelwa word elke oggend vyfuur wakker om voor te berei vir sy twee-uur lange staptog na die Oshikunde Gekombineerde Skool in die Ohangwenastreek. Moses is een van talle leerlinge wat daagliks dié afstand stap om onderwys te kry.
Dié 19-jarige stap elke dag vanaf die dorpie Omhito na die skool om sy droom te verwesenlik om eendag ’n onderwyser te word.
Nghitotelwa woon alleen in sy oorlede ouma se huis. Hy sê hy gaan slaap gereeld honger en dit het ’n negatiewe impak op sy studies. Hy word soms gedwing om by hul bure vir hulp te gaan aanklop.
Nghitotelwa het aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê hoewel sy ma in dieselfde dorpie bly, is sy met ’n ander man getroud.
“My ma sorg nie vir my nie. My tannie van Walvisbaai stuur vir my kos met ’n bus. Ek weet net my pa is in Ondangwa en ek het hom laas gesien toe ek 11 jaar oud was,” het hy vertel.
ONDERWYSERS INSPIREER
Nghitotelwa sê hy is gemotiveerd om eendag ’n wetenskaponderwyser te word. Die onderwysers by sy skool het hom geïnspireer en hy wil ’n beter toekoms vir homself hê.
Hy wens dat hy in die skool se koshuis kon woon wat tans meer as 200 leerlinge van omliggende gemeenskappe huisves.
“Ek was verlede jaar in die koshuis. Een van die onderwysers het my koshuisgeld betaal, maar vanjaar kon ek dit nie bekostig om die fooie te betaal nie,” het hy gesê.
BAIE ANDER LEERLINGE
Die Ohangwenastreeks se onderwysdirekteur, Isak Hamatwi, het aan Namibian Sun gesê hy is onbewus van hierdie spesifieke leerders wat sulke lang afstande stap, maar dat sommige afstande verminder word namate nuwe skole gestig word.
Hy het bygevoeg die verrysing van nuwe skole dui aan dat die kwessie aangespreek word.
Die skoolhoof, Hoster Simasiku, sê die meerderheid van die leerders wat nie in die koshuis is nie, stap daagliks lang afstande om by die skool uit te kom omdat hul plaaslike gemeenskappe nie sekondêre onderwys bied nie.
“Die koshuis is reeds oorvol, want ons het die vereiste kapasiteit oorskry,” het hy gesê.
Hoster voeg by dat opgradering van die koshuis sowel as klaskamers beplan word.
“Ons kan nie waarborg dat alle leerders in die koshuis sal wees teen die tyd dat die opgradering gedoen word nie, maar dis ons prioriteit om al die leerders wat lang afstande stap, in die koshuis te hê,” het hy afgesluit.
Nghitotelwa het leerders wat in dieselfde situasie as hy is, aangemoedig om nooit moed op te gee nie en vorentoe te kyk, goeie dinge sal uiteindelik kom.
Hy het ook ’n beroep op barmhartige samaritane gedoen om hom by te staan met wat hulle ook al kan om sy lewe makliker te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie