Die ministerie van inderwys, kuns en kultuur moet 'n gebrek aan hulpbronne en infrastruktuur in skole en koshuise hanteer. Foto argief
Die ministerie van inderwys, kuns en kultuur moet 'n gebrek aan hulpbronne en infrastruktuur in skole en koshuise hanteer. Foto argief

N$2,3 miljard vir klaskamers benodig

Tekort aan 4 479 klaskamers landswyd
Die regering het onder fel kritiek deurgeloop oor die vervalle toestand van skole en koshuise.
Jemima Beukes
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur worstel met ‘n ernstige tekort aan 4 479 klaskamers waarvan die boukoste sowat N$2,3 miljard sal beloop, terwyl die ministerie se ontwikkelingsbegroting vir die huidige boekjaar op ‘n skamele N$398 miljoen staan.

Dit volg op nuus van leerlinge in sommige streke wat in klastyd op die vloere moet sit weens ‘n gebrek aan hulpbronne, terwyl leerlinge in ander dele van die land hul eie stoele skool toe moet vat.

Volgens die onderwysminister, me. Anna Nghipondoka, is die bou van skole nie ‘n eenmalige proses nie, maar ‘n deurlopende proses na gelang van streekbehoeftes; en die ministerie het streke of skole geprioritiseer wat in groot nood verkeer.

Die minister het haarself verlede week in ’n moeilike posisie in die parlement bevind toe sy deur die Swapo se me. Patience Masua en opposisielede gekonfronteer is oor die vervalle toestand van skole en koshuise oraloor die land.

Masua was veral ontsteld oor die feit dat die ministerie verlede maand nie ag geslaan het op foto's van ‘n vervalle koshuis sonder matrasse by die Otjerunda Gekombineerde Skool in die Kunenestreek nie.

Die ministerie het vinnig van deuntjie verander en bevestig dat matrasse en beddens wel vir die skool aangeskaf is.

VERKNORSING

Nghipondoka het verlede week aan die parlement gesê haar ministerie het tussen 2014 en 2021 landswyd 14 skole teen ‘n koste van N$749 miljoen gebou.

“Dit moet genoem word dat die ontwikkelingsbegroting oor die afgelope drie jaar verminder het, wat dit dus vir die ministerie moeilik maak om in sy infrastruktuurbehoeftes te voorsien.

“Wat die opknapping van bestaande skoolinfrastruktuur betref, is vier groot opknappingsprojekte tussen 2015 en 2021 teen ‘n koste van N$367,59 miljoen voltooi,” het sy gesê.

“Ons het ook groot skool- en koshuisopknappings wat landswyd aan die gang is, wat Andimba Toivo ya Toivo, Caprivi Sekondêre Skool, Linus Hashipapo Skool, Oniipa Sekondêre Skool, Laerskool Ernst Meyer, Epukiro Pos 3 Junior Sekondêre Skool, Onesi Sekondêre Skool, Ashipala Skool, Nehale Skool, Ongha Skool, Augustineum, Himarwa Ithete, Omuhonga, Braunfels Landbouskool, Dibasen, Andara, Lordsville en Ernst Jager insluit.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!