No Image Caption

#PasIn: Khomas-skole terug na ‘wintertyd’

Ogone Tlhage
Alle skole in die Khomasstreek sal van Maandag nie vroeër as 07h30 nie en nie later as 08h30 nie begin nie, luidens 'n nuwe riglyn wat aan skoolraadvoorsitters en skoolhoofde uitgereik is. Dit is deur die direkteur in die ministerie van onderwys, Paulus Nghikembua, uitgereik.

"Die ministerie het kennis geneem van die implikasies van die wintertydsverandering wat sedert die implementering daarvan publieke verontwaardiging veroorsaak het. Die ministerie het besluit dat alle skole in die land nie voor 07h30 en nie later as 08h30 met onderrig moet begin nie," het Nghikembua gesê.

Die besluit geld vir primêre, junior sekondêre, senior sekondêre en spesiale skole in die streek, beide openbare en privaat.

Skole wat die pelotonstelsel aanbied, waar leerders in die middae klasse bywoon, mag nie later as 16h30 uitkom nie.

"Skole met pelotonstelsels moet om 12h30 met onderrigtyd begin en nie later as 16h30 in die middae klaar wees met onderrig nie," het Nghikembua gesê.

Skole wat wil afwyk van die riglyn, moet goedkeuring van die direktoraat in die ministerie verkry.

"Sodanige skole sal volle goedkeuring vir enige gebeurtenis of voorval direk gekoppel aan die afwyking van hierdie rigting moet verkry. Dit is noodsaaklik gegewe die verskeie verslae van verkragting en seksuele molestering wat in ons gemeenskappe en die land as geheel plaasvind," het hy gesê.

Die riglyn word vanaf 3 April van krag en eindig op 31 Augustus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!