Unam-eksamens 'ontwrigtend'
Rooster enkele dae voor aanvang uitgestuur, take nog nie gemerk
Studente verbonde aan Unam wat met behulp van afstandsonderrig studeer, betaal dieselfde klasgelde as voltydse studente.
Henriette Lamprecht - Eksamensentrums wat verander, roosters wat enkele dae voor die aanvang van ’n eksamen uitgestuur word net om later weer teruggetrek en weer opgestel te word en take wat tel vir deurlopende evaluering wat nog nie gemerk is nie.
Babelse verwarring, frustrasie en woede was die gemeenskaplike toon van verskeie student wat deur middel van afstandsonderrig aan die Universiteit van Namibië (Unam) studeer, wat sê al betaal hulle dieselfde klasgelde as ander studente, is dit waar die ooreenkomste eindig.
’n Deeltydse student in die noorde van die land het spesiale verlof geneem om te leer en te skryf en moes na Hentiesbaai reis omdat haar eksamenlokaal nie Rundu toe kan skuif nie.
Altesaam N$2 000 se brandstof en spesiale verlofdae later, ontvang sy ’n boodskap van Unam se studenteraad (SRC) dat die aanvang van die eksamen geskuif het.
Volgens dié amptelike kennisgewing uit die kantoor van die SRC-president, mnr. Malcolm Kambanzera, het die raad kennis geneem van beide die voorlopige en finale rooster wat baie “omstredenheid” gehad het en hulle gevolglik genoodsaak het om met ’n proaktiewe benadering die situasie te probeer beredder. As deel van die SRC se dringende en onmiddellike ingrypings is die aanvang van die eksamen vanaf 28 na 31 Oktober geskuif. Die rooster word van voor af opgestel en sou teen 25 Oktober weer vrygestel word.
Die deeltydse student het gevolglik voor dooiemansdeur by Unam op Hentiesbaai beland.
“Dit het my N$2 000 in brandstof gekos en nou trek hulle hul skouers op en sê ek moet terugry huis toe, wag totdat die rooster weer vrygestel word en dan weer terugry Hentiesbaai toe om te kom skryf,” het die student gesê.
Volgens die student kon personeel by Unam haar nie ’n datum gee nie, “want hulle weet nie”.
“Ek is moedeloos. Ons het geld uitgegee om by ons eksamenlokale uit te kom. Nou sit ons hier en niemand weet wat aangaan nie. My werkgewer gaan van my verwag om onbetaalde verlof in te sit. Ek het nie die finansies om dit te doen nie, ek kan ook nie heeltyd heen en weer ry nie.”
Nog ’n afstandsonderrigstudent het gekla hy het die finale eksamenrooster sowat drie weke voor die tyd gekry. Studente in sy studierigting moes volgens dié rooster al hul jaarvakke op een dag skryf, gevolg deur ’n semestervak die volgende dag.
Weens verskeie probleme met die rooster het Unam besluit om veranderinge aan te bring met die belofte dat die nuwe rooster op die laaste teen 25 Oktober vir studente aangestuur sal word. Dié belofte is egter eers op 26 Oktober nagekom en met die skok dat studente in dié betrokke studierigting reeds op 3 en 4 November jaarvakke skryf.
“Dit gee ons net meer as ’n week om vir dié vakke voor te berei.”
Buiten dit is van die vakke se take nog nie eers gemerk nie en weet studente ook nie eens of hulle eksamentoelating het of nie.
“Ons betaal presies dieselfde klasgeld as voltydse studente, maar het nie eens lektore nie. Ek het een vak klaar geskryf, sonder dat ek ’n klas gehad het,” het hy gesê.
Tydens die eerste semester het afstandsonderrigstudente in dié betrokke rigting ook nie toetse geskryf nie, wat dit moeilik maak om te weet wat om in eksamens te verwag.
“As jy nie self toetse in die hande probeer kry nie, gaan jy nie weet wat om te verwag nie.”
Geen leiding word volgens die student, wat nou gemiddeld 16 uur per dag agter die boeke deurbring, met take gegee nie.
“Die take maak vir die deurlopende punt op, baie weet nog nie eens of hulle eksamen mag skryf nie want die punte is nog nie uit nie.”
Teen druktyd het nóg die universiteit nóg die studenteraad op navrae gereageer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie