No Image Caption

Ambulans ry voetganger by Shankara dood

Kenya Kambowe
PAS IN: Die Kavango-Oos-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag nadat 'n 47-jarige man dood is toe hy Dinsdag deur 'n ambulans by Shankara raakgery is. Luidens die polisieverslag het die voorval omstreeks 19:30 plaasgevind. Die ambulans wat aan die Andara-hospitaal behoort, was wes na oos onderweg. Die oorledene, geïdentifiseer as Joseph Mahupe, het na bewering die pad oorgesteek toe hy deur die voertuig getref is en is op slag dood. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!