#PasIn: Minder ongelukke, meer lewensverlies oor Paasnaweek
Ses mense is dood in die 43 ongelukke wat oor die Paasnaweek aangeteken is, terwyl 124 mense beseer is. Dit in vergelyking met drie mense wat in 54 padongelukke gesterf het, met 116 beserings oor die Paasnaweek verlede jaar. Statistieke verskaf deur die polisie dui ook daarop dat 2 102 dagvaardings ter waarde van meer as N$1,99 miljoen uitgereik is. Boonop is 88 onpadwaardige voertuie van die paaie belet terwyl 188 hofkennisgewings uitgereik is. Verder is 81 bestuurders in hegtenis geneem terwyl hulle onder die invloed van alkohol bestuur het en 13 is gearresteer vir ander verkeersverwante oortredings.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie