Eerste modemuseum open eersdaags

Iréne-Mari van der Walt
Otjiwarongo het onlangs die tuiste van Namibië se eerste mode­museum geword.

Dié museum se deure open amptelik vandeesweek.

Die repatriasie van 23 Namibiese artefakte vanaf die Ethnologisches Museum in Berlyn, Duitsland, het onlangs opspraak gemaak.

Die Museum van Namibiese Mode is een van die begunstigdes wat ver­skeie historiese stukke sal ontvang.

Mnr. Hermann Parzinger, die president van die Stiftung Preußischer Kulturbezits (SPK), sê die ­repatriasie van dié artefakte is belangrik vir ­kulturele instansies.

“Die projek is belangrik vir die SPK, aangesien dit verskeie aspekte kombineer wat belangrik is vir kontemporêre instansies. Aan die een kant vind indiepte-samewerking met ­kundiges uit die streke waarvan die items afkomstig is en die uitruil van idees vir die hantering van versamelings, op ’n gelyke voet plaas.

“Aan die ander kant vind ’n kreatiewe herkonseptualisering van die versamelings plaas. In hierdie geval is dit ’n argief van Namibiese mode- en ontwerpgeskiedenis, soos die uitstalling in die Humboldt Forum in Berlyn en die Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo illustreer.”

“Ek is bly die Museumvereniging van Namibië (MAN) het besluit om die Museum van Namibiese Mode in Otjiwarongo te open. Dié museum sal nie net meer stories oor die dorp vertel nie, maar ook van oraloor die land,” het Otjiwarongo se burgemeester, mnr. Gotlieb Shivute, gesê.

“Ek hoop die museum sal mense bewus maak van die wonderlike diversiteit van ons land en ons verskeie streke. Die museum sal die diversiteit van ons streek en die hele Namibië uitbeeld,” het mnr. James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa­streek, op sy beurt gesê. Die museum bestaan uit ses galerye wat volgens verskillende materiale verdeel is.

“Die fokus van hierdie museum is geskiedkundige stukke, maar dit sluit ook kontemporêre stukke en items in wat spesifiek vir die museum gemaak is,” sê Uerikua.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!