Omba-galery fokus op herwinning

Post-Covid wil die Omba-galery die ontwerp van nuwe kunsvlytprodukte aanmoedig, of prettige, funky, funksionele produkte wat uit herwonne items gemaak word.

In die lig hiervan nooi hulle kreatiewes uit om idees en prototipes van nuwe produkte wat uit “weggooi-items” geskep is, in te dien. Dit kan enigiets wees van korporatiewe geskenke, huisdekor, huisware en modebykomstighede, of enigiets anders interessant wat die verbeelding van plaaslike of internasionale kopers kan aangryp.

Produkte moet bemarkingspotensiaal hê as eenmalige rak-items of items wat massavervaardig kan word. Omba sal bemarkings-, promosie- en verkoopsgeleenthede vir uitgesoekte produkte by die Namibia Craft Centre en hul webwerf skep.

Die skeppers van die topdrie mees bemarkbare produkte (waarvoor in die geheim gestem sal word) staan ’n kans om kontantpryse te wen.

Die finale keuring sal in Julie by ’n uitstalling in die Omba-galery vertoon word.

Die nuwe sperdatum vir belangstellendes is 12:00 op Dinsdag 31 Mei. Vir meer inligting, rig alle navrae aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!