Sonkrag vir Rössing
Die Rössing-uraanmyn beplan om ’n 45 hektaar 15MW-sonkragaanleg suid van die toegangspad tot die myn te bou.
Die eerste stappe vir ’n omgewingsbestuursplan word nou gedoen. Die omgewingskonsultante Namisun het onlangs die begin van dié proses bekend gemaak.
Volgens mnr. Werner Petrick van Namisun word die proses om ’n omgewingsimpakstudie te voltooi eerste afgehandel. Daarna sal Rössing by die omgewingskommissaris moet aansoek doen om sy omgewingsklaringsertifikaat aan te pas.
Rössing se mynlisensies no. 28 (ML28) het ’n geldige klaringsertifikaat vir die myn en die aanleggebied. Die myn buite Arandis beoog dié ontwikkeling as deel van sy poging om die leeftyd van die myn te verleng. Rössing is al sedert 1976 operasioneel en as die huidige ontwikkeling in ag geneem word, is die vooruitskouing dat die myn tot 2025 uraan kan ontgin. Die sonkragaanleg sal kragtoevoer aan die myn, die aanleg en verwante fasiliteite verbeter.
Rössing behoort aan China National Nuclear Corporation (CNNC) wat verseker die myn se produksie vind altyd ’n mark in China se groeiende kernkragsektor.
Met uraan wat tans teen meer as US$59 per pond verhandel, lyk die toekoms vir die myn belowend.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie