Moordbeskuldigde, mnr. Kevan Townsend. Foto Argief.
Moordbeskuldigde, mnr. Kevan Townsend. Foto Argief.

Townsend se regstryd eindig in skikking

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Een van die Amerikaanse burgers wat van die moord op mnr. André Heckmair tereg staan en tans in aanhouding is terwyl sy verhoor voortduur, het die Trustco Group International (Pty) Ltd, in sy hoedanigheid as eienaar van die koerant Informante, gedagvaar vir twee artikels wat in 2017 geplaas is.

Mnr. Kevan Townsend voer in sy verklaring aan die koerant het op 27 April 2017 ’n foto van hom gepubliseer met die onderskrif “Hitman” en het in ’n artikel in Augustus dieselfde jaar die volgende geskryf: “Die ouers van ’n jong man wat deur twee Amerikaanse burgers vermoor is. . .”

Dié verhoor was geskeduleer om op Maandag 15 Maart in die hoërhof in Windhoek te begin, maar volgens hofstukke wat op 11 Maart by die hof ingedien is, het die partye buite die hof geskik.

Die joernalis wat die artikel geskryf het, sowel as die redakteur van die koerant, is as tweede en derde verweerders in die saak genoem.

AANVANKLIKE EIS

Townsend het aangevoer die artikels was onregmatig en lasterlik, omdat dit die indruk by lesers geskep het dat hy aan moord skuldig is.

“Die lasterlike stelling wat deur die eerste, tweede en derde verweerders gemaak is, skend die eisers se reg om onskuldig geag te word tot skuld bewys is,” lui Townsend se verklaring.

Townsend het sowat N$50 000 in skadevergoeding en ’n bykomende N$100 000 vir die skade aan sy reputasie en skade oor die algemeen geëis.

Die verweerders het ontken dat die betrokke artikels onregmatig was.

“Die artikels, wanneer dit as ’n geheel gelees word, was redelik, wettig en sonder nalatigheid gepubliseer.”

Hulle het op hul reg tot vryheid van spraak, asook die vryheid van die pers en media gesteun.

“Die verweerders het ’n verantwoordelikheid om die publiek van aktuele gebeure in te lig en die artikel was tot die voordeel van die publiek geplaas,” lui die hofstukke.

Nadat bemiddeling op 30 Junie 2020 misluk het, sou die saak in die hof aangehoor word.

Die partye het egter buite die hof geskik en het versoek dat die skikkingsooreenkoms nie ’n hofbevel gemaak word nie.

Townsend het die saak teruggetrek.

AGTERGROND

Die Heckmair-moordverhoor het reeds in 2014 begin, nadat die 25-jarige mnr. André Heckmair op 7 Januarie 2011 in sy motor met een skoot in die kop doodgeskiet is.

Townsend en sy medebeskuldigde, mnr. Marcus Thomas, is die dag van die skietvoorval as hoofverdagtes in hegtenis geneem.

Dié verhoor is tans midde ’n binneverhoor om oor die toelaatbaatheid te beslis van bewysstukke waarop die polisie tydens ’n soektog beslag gelê het.

Die binneverhoor sal weer op 22 Maart in die hoërhof in Windhoek aangehoor word. 

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!