Polisieman skiet sy vrou in kerk dood
Moordslagoffer het beskermingsbevel gehad
Die egpaar het glo voortdurende huishoudelike probleme gehad.
Jemima Beukes - Die wyle 37-jarige Johanna Cecilia Keramin-Beukes het onlangs 'n beskermingsbevel teen haar man, hoofinspekteur Micheal Beukes, verkry voor hy haar Donderdagmiddag in die AGS-kerk in die teenwoordigheid van hulle ongeveer tweejarige kleuter doodgeskiet het. Hy het homself later by hulle huis doodgeskiet.
Die eerste verhoor oor die beskermingsbevel was op 28 April en die saak is toe tot eerskomende Vrydag - 12 Mei - uitgestel vir beide partye om hul getuies te bring om in die hof te getuig.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Elifas Kuwinga, het dit bevestig en ook gesê die egpaar het voortdurende huishoudelike probleme gehad.
“Die enigste seun in die egpaar se huwelik is ongeveer twee jaar oud, die presiese ouderdom sal later bevestig word. Die seun was net by die kerk waar die ma doodgeskiet is, hy [Beukes] het sy kind vir een van die dames gegee wat by die kerk was. Toe hy homself later (by die huis) doodgeskiet het, was sy kind nie by nie. Beide die oorledenes het kinders buite hul huwelik.”
Die polisie het ook gesê Beukes het na bewering sy vrou verskeie kere met 'n Bersa Lusber 7,65 mm-pistool geskiet in die kerk waar sy glo vir kooroefening was. Vyf patroondoppies en twee projektiele is op die toneel gevind.
Na bewering het Beukes, wat homself voor hulle huis in die kop geskiet het, homself met 'n enkele skoot om die lewe gebring, aangesien slegs een patroondoppie op die toneel gevind is.
Volgens gemeenskapslede het die egpaar vir 'n geruime tyd 'n stormagtige huwelik gehad en het die oorledene haar man verskeie kere om 'n egskeiding gevra.
Ons susterkoerant Namibian Sun het ook by 'n bron wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, verneem dat die vrou na bewering herhaaldelik probeer het om haar man te rapporteer, maar deur sy kollegas afgeraai is om dit te doen.
“Sy het verskeie kere soontoe gegaan, maar die polisie het altyd vir haar gesê om nie die saak te open nie, want dit sal teen hom tel tydens bevorderings. Die polisie het beslag gelê op sy diens- en persoonlike vuurwapens – ons verstaan hy het die geweer waarmee hy haar doodgeskiet het op die swartmark gekry en die polisie weet aan wie dit behoort,” het die bron gesê.
Hy het bygevoeg Beukes het glo sy vrou eerste in die been geskiet, waarna sy geval het. Daarna het hy glo van die kerklede rondgejaag omdat hy gevoel het hulle weet van haar beweerde verhouding met iemand in ’n seniorposisie in die kerk en praat dit goed.
Kuwinga het by navraag vir kommentaar gesê hy is nie bewus van hierdie aantygings nie en het vrae na adj. komm. Gesina Nel verwys, wat nie bereik kon word nie.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie