Apartheid was erger as volksmoord, sê Geingob
Jemima Beukes - President Hage Geingob het gesê die apartheidsregime van Suid-Afrika, waarteen Swapo geveg het, was “erger” as die volksmoord wat die Duitse Keiserryk destyds teen die Nama- en Ovaherero-mense gepleeg het.
Hy het dié opmerkings laat verlede week by die Paryse Instituut vir Politieke Studies, ook bekend as Sciences Po, gemaak.
Na raming is 80% van die Ovaherero-mense en 50% van die Nama-mense oor die volksmoordtydperk van 1904 tot 1908 dood.
In 1915, tydens die Eerste Wêreldoorlog, het Suid-Afrika ’n militêre besetting van Namibië begin wat Duitsland se koloniale bewind amptelik beëindig het. Suid-Afrika het ’n apartheid-styl beheer oor Namibië behou tot Namibië se onafhanklikwording in 1990.
Geingob het tydens sy openbare lesing in Frankryk aangevoer dat Suid-Afrika se optrede onder die apartheidsregime erger was. Hy het bygevoeg Namibië en Duitsland het sedertdien ’n versoeningsfase bereik.
Die president het hierdie opmerkings gemaak in reaksie op die status van die konsepweergawe van ’n gesamentlike verklaring tussen Namibië en Duitsland wat N$18 miljard aan Namibië belowe. Die ooreenkoms is wyd deur die betrokke gemeenskappe verwerp.
“Versoening tussen Duitsland en Namibië is daar. Ons het diplomatieke betrekkinge [met Duitsland], ons het vrede. Hierdie volksmoord het hoeveel jaar gelede gebeur. Meer as ’n honderd jaar gelede,” het hy aan sy gehoor gesê.
“Toe neem die Suid-Afrikaners oor – hulle was erger en toe begin Swapo veg om die land te bevry en nadat ons die land bevry het, het ons nou die reg om oor volksmoord te praat. Sommige mense wat praat oor die tyd om te versoen, was aan Suid-Afrika se kant toe ons vir vryheid geveg het. Nou eis hulle skielik dat hulle self moet onderhandel. Gaan oortuig vir Duitsland,” het hy gesê.
Geingob het bygevoeg die Namibiese regering het die Duitse regering, wat huiwerig was, gedwing om te erken daar was volksmoord omdat hulle “bang was omdat hulle ander misdade elders gepleeg het”.
Hy het ook gesê hy het ’n probleem met die geaffekteerde gemeenskappe se eise om direk met die Duitse regering te onderhandel en beklemtoon dat soewereine state direk moet onderhandel omdat hulle hierdie gemeenskappe in die hedendaagse Namibië verteenwoordig.
Hy het bygevoeg die Duitse regering het gesê as hulle aan Namibië sou toegee, sal ander deure ook oopgaan om vergoeding te eis.
“Hulle het ook die verskoning gebruik dat die volksmoord-konsep ’n Tweede Wêreldoorlog-konsep was en nie in daardie stadium bestaan het nie. Dwarsdeur die gesprekke het ons oor volksmoord gepraat en [hulle] het uiteindelik aanvaar en ons het gesê as daardie slegte ding gebeur het, moet jy om verskoning vra en hulle het ingestem dat hul president in die parlement sal kom om verskoning vra.”
“Toe kom hulle met klein bedrae. Maar eerstens moet ons vra wat die prys van ’n mens se lewe is. Is daar ’n prysetiket?” het Geingob gesê.
In 2015 het Duitsland teësinnig erken dat volksmoord in die keiserlike kolonie van die destydse Suidwes-Afrika gepleeg is. Nietemin is aangevoer dat hierdie erkenning van verantwoordelikheid geen wetlik bindende implikasies inhou nie.
As gevolg van die Namibiese burgergroepe, die geaffekteerde gemeenskappe en opposisiepartye wat daarteen vasgeskop het, is die gesamentlike verklaring van N$18 miljard op ys geplaas en moet dit nog deur beide regerings onderteken word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie