Dene, Nederlanders 'haastig' vir groen waterstof
Lande se eerste ministers maak voornemens duidelik
President Hage Geingob sê Namibië sien uit na "'n vennootskap van gelykes" met die Europese reuse.
Denemarke se eerste minister Mette Frederiksen, wat saam met haar Nederlandse eweknie Mark Rutte gister in Namibië was, sê die wêreld is haastig vir groen waterstof en Namibië moet die geleentheid aangryp om op dié front ’n bydrae te maak.
In ’n ongekende step het Denemarke en Nederland, gedryf deur Europa se energiebehoeftes, hul pogings verenig om geleenthede binne Namibië se hoogs gesogte groen waterstofbedryf aan te gryp en sodoende hul eie energie-uitdagings te takel.
Met ’n verbintenis om die sukses van die projek te verseker, het Nederland verskeie aansporings beloof – insluitend die ondertekening van ’n brief van voorneme vir ’n visumvrystellingsooreenkoms met Namibië wat Namibiërs met diplomatieke paspoorte sal toelaat om sonder visums tussen die twee lande te reis.
Onderhandelinge tussen die twee lande het vroeg in Junie begin en sodra dit afgehandel is, sal dit ’n belangrike mylpaal vir Namibië bied.
Frederiksen sê sy land soek sterker betrekkinge met Namibië aangesien die drie lande ’n gemeenskaplike doelwit deel om ’n volhoubare toekoms te skep.
“Groen waterstof en hernubare energie – dis een van die gebiede waar ons nou wil saamwerk. Julle is een van die voorlopers in Afrika vir oplossings vir klimaatsverandering en ook omdat julle reeds die uitwerking van klimaatsverandering voel.
“Julle boere, julle bevolking is reeds in die situasie. Ons is dus regtig haastig as ons na dit globaal en nasionaal kyk. Natuurlik is die onderwerp boaan ons gedeelde agenda,” het gesê.
FINANSIER DIE KLIMAAT
Frederiksen en Rutte was net vir een dag vir ’n werksbesoek in Namibië.
Sy het beklemtoon die doelwit was om te verseker ’n regverdige groen oordrag bedreig nie die lewensbestaan van die vele mense wat in die plaaslike mynbedryf werk nie.
Sou die energieprofiel verander moet word, moet die drie regerings seker maak mense het die vaardighede en dat nie net die tegniese kundigheid nie, maar ook die mense finansieel ondersteun moet word, het sy gesê.
Volgens Frederiksen is klimaatsfinansiering die belangrikste ding waaraan oorweging geskenk moet word.
Rutte het op sy beurt gesê in Namibië bestaan ontsaglike moontlikhede in die groen waterstofbedryf vir die tydsraamwerk van 2024 tot 2025 en sy land is gretig om met Namibië saam te werk om die wêreld meer volhoubaar te maak.
“Ons staan skouer aan skouer. Die hawe van Rotterdam is ook deel van die afvaardiging omdat ons inderdaad glo daar is reusegeleenthede wanneer ons hard aan groen waterstof werk. Ons doen dit in Namibië in terme van implementeringsvaardighede. Mense en maatskappye van die ander kant (die Weste) sal ook sien dis nie net eenmalig, of ’n polities gedrewe projek nie en dis geanker in alle regeringsektore,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die projek het die potensiaal om die grootste in die wêreld te word en dat Namibië alles het wat dit nodig het om ’n grootskaalse rol in die bedryf vir herwinbare energie te speel.
President Hage Geingob het dit intussen as ’n nuwe era beskryf en gesê die regering is baie bly oor die toewyding van die twee lande wat twee hoëvlak-verteenwoordigers na Namibië gestuur het.
“Ons sien uit na ’n werklike vennootskap van gelykes. Ons het nou net die beleidsrigtings onderteken; dit sal ’n gelyke vennootskap wees. Gebaseer hierop kan ons hande vat en skep wat die Chinese ’n wen-wen-situasie noem,” het hy gesê.
Die minister van landbou, water en bosbou, Calle Schlettwein, het Frederiksen se sentiment beaam dat die werklike voordeel sou wees hoe die projek met Namibië se landboubedryf en sy mense verbind word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie