Geingob se pensioendroom ˊn lugkasteel
Ten minste N$15 miljard nodig
Die finansiering is gelykstaande aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se begroting per jaar.
Die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi sê dit sal die regering ten minste N$15 miljard uit die sak jaag om wyle president Hage Geingob se wens te realiseer om pensioenarisse minstens N$3 000 per maand te betaal. Shiimi het dié opmerkings gemaak tydens ˊn onlangse onderhoud met die nasionale uitsaaier NBC, en gesê die finansiering van Geingob se pensioendroom is gelykstaande aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se begroting per jaar.
"As ons dit na N$3 000 gaan verhoog, beteken dit dat ons naby aan N$15 miljard moet vind, so waar sal daardie geld vandaan kom? Dit is amper gelykstaande aan die ministerie van onderwys, dit beteken ons moet al die skole sluit, geen kind kan meer skoolgaan nie, want hierdie geld moet êrens vandaan kom," het Shiimi gesê.
Shiimi het tydens die voorlegging van die begroting aangekondig dat pensioenarisse nou N$2 000 per maand sal ontvang, op van die N$1 600 wat hulle in die verlede ontvang het. Volgens hom is dit wat die regering tans kan bekostig.
"Die waarde wat ons in die parlement voorgelê het, dit is die enigste geld wat ons het. As ons ˊn bykomende N$15 miljard moet vind om aan pensioenarisse te gee, beteken dit dat ons dit êrens moet kry. Dit is nie so dat geld êrens lê wat ons net moet gaan haal nie," het hy gesê.
Die finansiering van ˊn maandelikse pensioenuitbetaling van N$3 000 sou ook beteken dat die regering gedwing sou word om skole nasionaal te sluit, het hy gesê.
"As ons die N$15 miljard moet finansier, beteken dit dat ons die ministerie van onderwys moet sluit. Die hele onderwyssektor sal tot stilstand kom omdat dit die geld is wat ons aan die pensioenbegunstigdes gaan gee. Ek dink dit is die konteks wat ons moet verstaan. Die wens is daar, maar ons het nie die hulpbronne nie," het Shiimi gesê.
Geingob het in sy laaste televisietoespraak sy wens uitgespreek om die maandelikse pensioentoelaag te verhoog na N$2 000, of selfs N$3 000. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie