'Ons verstaan die behoeftes van ons mense'
President Hage Geingob het gister tydens onafhanklikheidsvieringe op Outapi gesê die regering “verstaan die behoeftes van ons mense” vir werk, skuiling en kos en is daarom verbind om die lewenstandaard van alle Namibiërs te verbeter. Chaos het uitgebreek toe hooggeplaaste gaste die perseel verlaat en inwoners op die tente vir baie belangrike persone (BBP’s) toegesak het om hul kos in die hande te kry. Geingob het tydens sy toespraak gesê geen van die BBP’s gaan eet nie en het die kos eerder aan die massas geskenk. FOTO ENZO EMVULA
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie