Parlement plaas sy lede onder die loep
Fokus op integriteit, verantwoordbaarheid
Die Nasionale Vergadering sal 'n jaarlikse verslag vrystel wat fokus op die nakoming van die spesifieke reëls waaraan voldoen moet word wanneer bates verklaar word.
Jemima Beukes – In ’n proaktiewe stap om deursigtigheid en integriteit onder sy lede te bevorder, het die Nasionale Vergadering (NV) onlangs ’n uitgebreide strategiese plan bekend gestel vir die tydperk 2023-’27.
Die kern van die ambisieuse plan is om die kwessies van integriteit en verantwoordbaarheid te takel. Die parlement beoog om jaarlikse seminare te hou om lede in die beste praktyke wat verband hou met integriteit, op te lei.
Hulle wil ook oop gesprekke en besprekings fasiliteer wat nie net op integriteit fokus nie, maar ook op korrupsie.
“Die Nasionale Vergadering het homself daartoe verbind om uitstaande voorbeelde van verantwoordbaarheid en deursigtigheid te wys.
“Jaarlikse seminare sal ook gefasiliteer word, waar beste praktyke van integriteit onder parlementslede ontleed word en verwante kwessies wat hiermee verband hou, asook met korrupsie, bespreek sal word.
“Die Nasionale Vergadering sal ook ’n jaarlikse verslag vrystel wat fokus op die nakoming van die spesifieke reëls waaraan voldoen moet word wanneer bates verklaar word,” lui ’n verklaring.
Die plan lig ook die negatiewe beeld uit wat die NV het as ’n swakheid, terwyl die negatiewe publisiteit oor die parlement as ’n bedreiging vir sy goeie beeld beskryf word.
GROOT KOPSEER
Intussen word die gebrek aan dryfvere, bereidwilligheid en die powere toewyding onder parlementslede om hul vlakke van onderrig, ervaring en begrip uit te brei, ook uitgesonder omdat dit ’n invloed op hul kennis het.
Die strategiese plan fokus op maniere om bogenoemde uitdagings te oorbrug. Spesiale fokus sal geplaas word op die evaluering van parlementslede se bewustheid van hul verantwoordelikhede, die bevordering van hul vermoë om hul beperkinge te verstaan, die kweek van ’n leerkultuur, asook om voortgeset daarna te streef om geleenthede vir opleiding en onderrig beskikbaar te stel.
“Die Nasionale Vergadering verbind homself daartoe om te verseker dat kapasiteitsbou vir lede van die parlement sistematies uitgevoer word. In die verband sal behoeftes vir kapasiteitsbou geëvalueer word en ’n gepaste program hiervoor ontwikkel word.
“Die beste manier om nuwe maniere van werk te vind, is onmiddellik ná afloop van die verkiesing. Die meeste lede van die parlement verkies om te leer deur ander politici waar te neem en verwante kwessies met hulle te bespreek. Dit sluit ook in dat internasionale ervaring deur politici uit verskillende lande – verkieslik met ’n politieke konteks soortgelyk aan dié in Namibië – geïnkorporeer word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie