PAS IN: Die Jaar van Herlewing
Pres. Hage Geingob het 2023 die Jaar van Herlewing gedoop.
Dit is tyd vir die land se kollektiewe herlewing, vir die vorming van sy toekoms – en tree op ‘n slag soos wat Namibiërs na gedeelde welvaart mars, aldus die president.
In sy Nuwejaarsboodskap gisteraand het Geingob gesê vanjaar sal ‘n kragtige vonk in die herlewing van die nasie wees, ‘n nasie wat die toekoms met hernude hoop en optimism benader.
Hy het na verskeie positiewe verwikkelinge verlede jaar verwys, insluitende die soektog na olie en Namibië se groenwaterstofambisies.
“As ‘n nasie het ons goeie rede om te op te hou terugkyk, maar eerder vorentoe te kyk en voorwaarts te trek in die rigting van inklusiewe vooruitgang en welvaart.”
Namibiërs moet hulself uit pessimisme loswikkel. Hulle moet kollektief en positief skouer aan die wiel sit om nasionale projekte te verwesentlik, het hy gesê.
Elkeen moet sy of haar verantwoordelikheid aanvaar sodat inklusiewe en gedeelde welvaart in die Namibiese Huis bereik kan word, waar niemand uitgesluit voel nie, het Geingob gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie