Weiding nou gemiddeld tot ondergemiddeld
Só lyk Namibië se plantegroei tans
Gebiede wat nou beter daaraan toe is sluit die sentrale, noordsentrale en noordwestelike dele van Namibië in, alhoewel droëland gewasse in sekere gebiede reeds skade gely het.
Dr. Cornelis van der Waal – Plantegroei is tans, oor die grootste dele van die land, nog ondergemiddeld tot gemiddeld, alhoewel dit sedert Desember verbeter het.
Dit is volgens die jongste satellietdata soos op 31 Januarie.
Dele wat nog steeds ondergemiddelde weidingtoestande het, sluit in die Hardap- en ||Kharasstreek, westelike Omaheke- en die Ohangwenastreek asook dele van die Kunene-, Oshikoto- en Otjozondjupastreek.
Gebiede wat nou beter daaraan toe is sluit die sentrale, noordsentrale en noordwestelike dele van Namibië in, terwyl die Zambezistreek asook die oostelike dele van die Hardap- en ||Kharasstreek ietwat agteruit gegaan het.
Terwyl die situasie verbeter het in talle gebiede waar plantegroei tot dusver ondergemiddeld was, is die gebiede egter nog nie buite gevaar nie en behoort dit noukeurig gemonitor te word. Boere in die gebiede behoort ook hul voorsorgmaatreëls teen ’n moontlike droogte op te dateer.
As die res van die reënseisoen egter goed is, sal weidingstoestande na verwagting positief reageer. Tog is oeste op droëland op plekke reeds negatief geraak.
HOEKOM WEIDING MONITOR?
Lewendehaweproduksie in Namibië is bykans heeltemal afhanklik van die produktiwiteit van weiding, wat tydens ernstige droogtes dikwels heeltemal tot niet gaan.
Wisselvalligheid in reëntoestande veroorsaak dikwels ernstige bestuursuitdagings vir veeboere, wat hul diere se voerbehoeftes moet balanseer met dit wat die natuurlike weiding bied om die agteruitgang daarvan te voorkom.
Die inligting kan ’n aanduiding gee watter dele van die land die ergste deur ’n droogte teen die einde van die droë seisoen geraak kan word – wat genoegsame tyd gee om voorsorg te tref in terme van maatreëls om die droogte te verlig.
HOE WERK DIT?
Die sleutelkomponent van die vroeë waarskuwingstelsel is gebaseer op afstandswaarnemingstegnologie wat vrylik beskikbaar is en aktief die plantegroei oraloor die land in reële tyd meet.
Die vergelyking van huidige weidingstoestande met gemiddelde groeipatrone oor die afgelope 10 jaar vir spesifieke gebiede binne spesifieke datums bied ’n objektiewe vergelyking van weidingtoestande. Kaarte wat elke tien dae tydens die reënseisoen (Oktober tot die einde van Mei) opgedateer word, is by www.namibiarangelands.com beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie