Apparaat van frustasie
Sê maar net 30 jaar gelede
Constant Smit - Ek wonder of daardie ou wat ’n telefoon uitgevind het, weet wat hy aan die mensdom gedoen het.
Ek weet daar is mense wat verskriklik lief is vir die ou ding – veral die bokke. Vir hulle part is ek baie bly. Maar hulle sal my nooit as te nimmer kan oortuig dat dié ding altyd net ’n goeie ding is nie.
Vat nou maar net die perd wat my nou een aand bel en toe hy agterkom dit is die verkeerde nommer, word ek gevloek omdat my nommer die een is wat hy geskakel het en hy nie nou dadelik met die regte mens kan praat nie!
En dan my geliefde blokkiesraaiseltannies. Die laaste tyd gaan dit al beter, want my huisnommer is in die nuutste telefoongids nie meer die koerant se ná-ure-nommer nie. Vir die poskantoor kan ek net vertel dat baie mense nog hul ou boeke gebruik. Hierdie tannies van my dink mos ’n koerantman weet alles. Weer eens wil ek hulle tot die werklikheid skok – ons dink ook net ons weet alles. Ek wens mense wil leer dat dit vir geen mens lekker is om teen 02h00 die telefoon te hoor lui nie. Niemand wat normaal is, gaan mos daardie tyd van die oggend met goeie nuus bel nie. Dit is een van die min kruise in ons joppie dat mense altyd stories wil vertel en hoe snaakser die tyd, hoe lekkerder vir die beller. En in die meeste gevalle is die mens aan die ander kant nie by sy/haar volle positiewe nie. Ek is nou al lekker keelvol om snags te hoor waar staatskarre op sypaadjies geparkeer staan. Ek gaan mos nie in my motor spring en die staatskar gaan afneem nie. Ek is nou nie juis ’n bang man nie, net versigtig. Maar miskien is die drywer van die staatskar ’n ou van so 220 kg en is hy besig om met sy staatskar by sy skelm te kuier. En ek gaan beslis nie my gesig vir ’n ou storietjie laat opkerf nie.
En die beste van alles is dat ek lank nie meer ’n verslaggewer of fotograaf is nie. Dit is daardie wit ding op my lessenaar wat so ’n onaardse geskreeu maak, wat my in hierdie situasies kan laat beland. Ja, ek praat van die telefoon. Moet my nie verkeerd verstaan nie – die telefoon kan ’n doodgoeie ding ook wees. Dink maar net aan die kere wat ek my pa moes bel toe ek op universiteit was dat hy geld moet stuur. En die lekker vry oor die telefoon. Nou praat ek beslis nie van hierdie bokke wat jy teen betaling bel en wat jou dan vieslike goeters vertel nie. Ek praat van mooi woordjies fluister in die bok van jou hart se oor.
En dan die telefoon by enige klub op hierdie aarde. Oral is dit dieselfde. As daardie telefoon lui, kom dit uit een bors uit dertig kele: “Ek is nie hier nie.” Ek wil vandag aan al die bokke en vroue ’n stukkie raad gee. Los maar liewers die klub uit as jy hom soek en jy weet nie waar hy is nie. Hy sal vir jou sê as hy klub toe gaan. In die eerste plek gaan hy nie daar wees nie en in die tweede plek maak jy sy naam aap voor sy pêlle.
En dan daardie ou siekte om die telefoon nader te trek ná ’n paar kappe. Dan is jy mos vol moed en wil nou vir enigeen dinge vertel wat jy nooit andersins sou gedoen het nie. Die telefoon kan mos nie terugbaklei nie. En die volgende oggend slaan jy in koue sweet uit as jy besef jy het gisteraand die bok gebel en die ergste is dat jy nie ’n woord kan onthou wat jy vir haar vertel nie. En in die meeste gevalle was dit nie mooi goedjies nie. Die vog het mos die manier om jou ou kalwers uit die sloot te laat haal, en die bokke hou nie daarvan nie.
Wat is les in hierdie storietjie? Gebruik ’n telefoon reg en spaar jouself baie verdriet en hartseer. - 7 Mei 1993
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie