As ‘goblin mode’ inskop
Die eerste Oxford-woord(e) van die jaar wat deur die publiek gekies is, is aangekondig. En soos jy waarskynlik uit hierdie opskrif kan raai, is dit “goblin mode” en dit verwys na “onapologeties selfstandige, lui, slordige of gulsige gedrag”.
Volgens ’n BBC-berig, het meer as 318 000 mense hulself uit “goblin mode” gesleep om daarvoor te stem, aangesien dit 93% van alle stemme ontvang het. Dit sluit aan by vorige wenners soos “vax” (2021), “climate emergency” (2020) en “toxic” (2019).
As jy nog nooit van “goblin mode” gehoor het nie, maak dit twee van ons. Hoewel die term al in 2009 op Twitter sy buiging gemaak het, het dit eers in Februarie vanjaar “viral” gegaan te danke aan ’n fopnuusopskrif wat beweer die aktrise Julia Fox het met Kanye West uitgemaak omdat “hy nie daarvan gehou het toe ek [Julia Fox] ‘goblin mode’ gegaan het nie”.
Daarna het die term ontplof en die verbeelding van die sosiale media en memes aangegryp met mense wat die term gebruik om hul onvleiende, self-toegeeflike gedrag te beskryf as ’n manier om te ontsnap of te ontspan.
Daarmee saam, namate Covid-inperkings gelig is, het die term aanhou groei toe meer mense besef hulle wil nie teruggaan na die manier waarop hulle voorheen geleef het nie.
En eerlikwaar, dis eintlik nie regtig ’n verrassing nie. Ná twee jaar van aan-en-af inperkings, het baie van ons oormatig met ons huise kennis gemaak: slaapklere het werksklere geword, en ons rusbanke het tydelike lessenaars geword. Ons het begin om fisieke gemak bo voorkoms te prioritiseer.
En raai wat? Dit was lekker!
Dit beteken jy mag maar die dag in die bed of voor die televisie deurbring, Home Channel, Netflix of Hallmark-flieks “binge watch” terwyl jy eindeloos deur sosialemediablaai, slaptjips sommer uit die sakkie eet omdat jy nie die moeite wil doen om dit op ’n bord te sit nie, of mall toe gaan in jou gemaklikste sweetpak en sonder grimering. Of 02:00 wakker word en iets gaan soek om te peusel, soos ’n snackwich of ’n Provita dik van die smeerkaas.
Die lys is eindeloos!
En hoekom mag ons nie? In die nasleep van twee erge jare, met die wêreld op die rand van ’n wêreldoorlog en die toestand van die ekonomie, hoekom kan ons nie almal elke nou en dan maar “stoute kabouters” wees en onsself ’n kans gee om ’n bietjie stoom at te blaas om ons verstand gesond te hou nie.
Ek skat “goblin mode” resoneer waarskynlik met almal van ons wat in hierdie stadium van die geveg ’n bietjie oorweldig voel. Ek skat ook dis eintlik ’n verligting om te erken dat ons nie altyd perfek hoef te wees of om dié beeld te probeer uitstraal nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie