Bybelse wysheid
Rom. 12:21: "Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie."
Die Mahatma Gandhi het gesê: As jy dink die wêreld is net sleg, onthou dat dit mense soos jy is wat daarin woon.
Dit is ’n belangrike perspektief. Ons kan óf deel van die probleem óf die deel van die oplossing wees.
Hoe kan ons deel van die oplossing wees? Jy sal dalk verbaas wees as ek sê: kla! Kla oor die korrupsie, wanorde en agteruitgang van die samelewing.
Christene kla, volgens Paulus, omdat hulle die Gees ontvang het. Ons het immers deur die Gees ’n voorsmaak van God se toekomstige wêreld (Rom. 8:23) en sug saam met die skepping en die Gees vir ’n nuwe wêreld.
Ons klagtes mag ons egter nooit passief maak nie. Ons word deur die Gees geroep en toegerus om alles in ons vermoë te doen om die wêreld ’n beter plek te maak.
Ja, kla! Raak dan aktief om iets te doen aan die probleem waaroor jy kla.
Vader, maak my ’n instrument van u goedheid in die samelewing, deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie