Bybelse wysheid
Lukas 4:21: "Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul."
Ons lewens moet Christus weerspieël, maar baie mense wat bely dat hulle Christene is, is dit nie.
Nadat Jesus in die sinagoge uit Jesaja 62 gelees het, sê Hy dat Jesaja se woorde vervul is. God se droom vir ’n gebroke wêreld ontvou in sy bediening.
Moeder Teresa het gesê dat die vreugde om saam met God te stap sekere dinge veronderstel. Sy beskryf dan die lewe wat God se deernis en liefde weerspieël: Om lief te hê soos Hy liefhet; om te gee soos Hy gee; om te help soos Hy help; om te red soos Hy red; om 24 uur per dag in sy teenwoordigheid te lewe; om Hom aan te raak in die armes en die ellendiges.
Vader, help ons om Jesus vandag te reflekteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie