Bybelse wysheid
Mat. 25:40: "Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen."
As kind het ek 'n baie skrikwekkende fliek oor die wederkoms van Christus gesien. Ek was vreesbevange die aand nadat ek daarna gekyk het en kon nie slaap nie.
Vir Christene is die wederkoms van Christus egter goeie nuus. Dit sal ’n einde bring aan al die hartseer en lyding in die wêreld.
Sal ons dan maar wag totdat dit alles verander?
Nee. Die laaste gelykenis in Jesus se profetiese toespraak (Mat. 24-25) wys mense is aktief gereed. Ons wag nie net nie. Ons is aktief betrokke om die pyn in hierdie wêreld te verlig. Ons gee honger mense kos, besoek mense in die tronk, bied skuiling aan haweloses en gee klere aan mense wat nie klere het nie. Dit is hoe ons wag. Dit is hoe ons gereed is vir sy wederkoms.
Het jy geweet dat Jesus vandag gaan kom? Nee, dit is dalk nie sy finale koms nie, maar Hy gaan na ons toe kom in die honger en dors van mense wat vandag ons paaie kruis. Wanneer ons hulle help, help ons in werklikheid Jesus self. Jesus kom na ons toe vermom in die behoeftes van ander.
Here, maak my vandag ’n instrument van u liefde en sorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie