Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

1 Petrus 1:3: “In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.”

’n Komediant het na die weer in die Verenigde Koninkryk verwys. Soms sou die weerpersoon sê dat die weer vir die grootste deel van die VK goed sal wees. Maar hy of sy sou dan byvoeg: behalwe vir Skotland en Noord-Ierland. Om in Noord-Ierland of Skotland te woon, beteken dat die weer onvoorspelbaar en kouer of winderiger sal wees as die res van die VK. Niks is seker nie. Hierdie onsekerheid oor die weer laat ons dink dat hoop eerder onsekerheid as sekerheid aandui.

Ons hoop is egter nie ’n onseker saak nie. Dit is nie geanker in die onsekerheid van ons veranderende omstandighede nie, maar in die opstanding van Christus. Dit is die waarborg dat ons ’n toekoms met God het.

Petrus sê ons het ’n vaste erfporsie in die hemel. Ons het nie net ’n erfporsie nie. Ons word ook deur die krag van God beskerm, al beleef ons soms moeilike tye (1:5,6). Niks kan God se beskerming van ons wegneem nie.

Ons sê graag vir mekaar: waar daar lewe is, is daar hoop. Dit is nie heeltemal waar nie. Ons moet eerder sê: waar daar hoop is, is daar lewe!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!