Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Kor 1: 22, 23: “Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is.”
Jesus moet inpas by wat ons van Hom verwag. Ons skep ’n Jesus wat gemaklik en aanvaarbaar is. ’n Gekruisigde Jesus is die laaste moontlikheid waaraan ons sou dink om gehelp te word.
Dit was van die begin af die probleem na Jesus se dood en opstanding. Die Jode het iemand verwag wat wonderwerke kon doen. Die Grieke het ’n uitstaande filosoof verwag. Paulus leer dat die Gekruisigde die Here is. Hy is die wysheid en krag van God (1:18,24). Jacques Bossuet het opgemerk dat ons grootste swakheid die vrees is om swak voor te kom. Tog was die “swakheid” van die kruis die krag van God. Geloof in die gekruisigde Here bevry ons van ons korrupte en optimistiese sienings van Jesus. Die Gekruisigde het gesterf omdat Hy geweet het dat wysheid en wonderwerke ons nie kon red van die bedreiging en werklikheid wat ons vir ewig sou vernietig nie, naamlik sonde. Sonder die Gekruisigde bly ons in ons sonde. God het die wysheid van die kruis en die krag van vergifnis gekies. Ons is gered van die vernietiging wat ons oor onsself gebring het. Ons het die ewige lewe deur geloof in die Gekruisigde.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie