Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hosea 11:10: Hulle sal die Here volg! Hy sal brul soos 'n leeu en wanneer Hy brul, sal Sy kinders vol ontsag uit die Weste kom.
Daar is 'n noue verband tussen Hosea 11 en die gelykenis van die verlore seun. ’n Wegloopkind word teruggeneem na die pa se huis. Hy is nie ’n slaaf nie, maar ’n kind. Hoekom? God se Vaderhart is vol liefde. Nie die toestand van die kind nie, maar die liefde van die Vader wen. Hy kon ons verwerp omdat Hy God is, maar Hy doen dit nie, want Hy is God (Overduin). Ons identiteit as kinders word herstel, ten spyte van ons slegte keuses en mislukkings.
Die Here se ongelooflike liefde is altyd ’n nuwe begin vir ons. Soos die volk destyds uit Egipte gered is, so sal die Here Sy volk weer uit ballingskap lei. Hulle reaksie sal heeltemal anders wees as voorheen. Hierdie keer sal hulle die Here volg en met verwondering na Hom terugkeer.
Om die Here te volg gebeur nie vanself nie. Wat natuurlik gebeur, is om die afgode van ons harte te volg. Ons harte is fabrieke van afgode. Ten spyte daarvan, red God ons uit genade. Paulus sê dat Hy van ons Sy eie kunswerke maak wat gretig sal wees om te doen wat goed is (Ef. 2:8-10). Sal jy by my kom aansluit terwyl ons vandag na Sy stem luister en Hom volg?
Here, God van liefde, maak my van voor af dankbaar vir U onvoorwaardelike liefde, Jesus se naam. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie