Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Matteus 28:19-20: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
Iemand het geskryf die kerk is vol “undiscipled” dissipels. Dit beteken ons noem onsself Christene, maar volg Christus nie regtig nie. Die kerk het die boodskap van Jesus op twee vlakke misverstaan. Eerstens moet ons kerk nie groei omdat ons lidmate uit ander kerke trek omdat hulle ontevrede geraak het met hul eie kerk nie. Tweedens, om mense kerklidmate te maak was nie die doel van Jesus se woorde nie. Jesus se doel is dat ons dissipels sal maak. Ons passie moet wees dat elke mens ’n dissipel van Jesus Christus sal wees.
Wat is ’n dissipel? Dissipels word gemaak deur God se heerskappy en eienaarskap oor elke lewe te verkondig. Dit is wat dit beteken om iemand te doop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Tweedens beteken dit dat die gedoopte geleer moet word om die woorde van die Here te gehoorsaam. Dis wat dissipels doen! Die wêreld is op jou agenda. Wat gaan jy doen, dissipel van Jesus?
Here, maak my gretig om die evangelie aan alle mense te deel, ter wille van Jesus Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie