No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Psalm 104:1: “Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister.”

’n Pragtige Christelike lied in baie liedboeke begin so: “Morning has broken, like the first morning. Blackbird has spoken like the first bird.” Dit eindig met die woorde: “Praise with elation, praise every morning, God’s recreation of the new day!” Die lied is die eerste keer in 1931 gepubliseer en die woorde is deur Eleanor Farjeon geskryf.

Ons het soveel skade in die skepping aangerig en tog is daar iets besonders met elke dagbreek of sonsondergang. Psalm 104 sê dat elke dag soos ’n nuwe skeppingsdaad van God is.

God sorg vir sy skepping. Hierdie psalm begin met ’n loflied aan die God wie se heerlikheid die aarde oordek (104:1) en eindig met ’n loflied (104:33,35). Die Here heers oor sy skepping en daarom sal onreg ook eendag uit hierdie skepping verdwyn (104:35).

Ek sien ’n nuwe hemel en aarde (Openbaring 21). Dit sal ’n aarde vry van die skade wat ons die skepping aangerig het, vry van besoedeling en misbruik van natuurlike hulpbronne, vry van dood en sonde wees. Dan sal die hele skepping sing: “Morning has broken, like the first morning!”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!