No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

1 Johannes 4:12: “Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.”

Frederick W Faber het gesê dat as berge deur geloof versit kan word, watter groot krag het liefde nie! Volgens Johannes kan God nie gesien word nie (12; Joh 1:18). Tog het God Homself in Jesus Christus aan die wêreld kom wys. Jesus Christus is immers die beeld van God (Joh. 1:18; Kol 1:15). Jesus is egter nie meer met ons nie. Hoe sal mense God kan “sien”?

Die antwoord is eenvoudig. As ons mekaar liefhet, bly God in ons (4:12)! Dit is dus moontlik vir die wêreld om God deur sy kinders te sien. Wanneer ons mekaar liefhet, met mekaar versoen, sien mense die liefde van God in aksie (4:9,10). Ons gee mense hoop deur hulle lief te hê.

Die keersy van die munt is dit: wanneer ons nie liefhet nie, is ons die rede waarom mense God nie in aksie kan sien nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!