Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 5:36: “Moenie bang wees nie; glo net.”
Desperaatheid dryf ons dikwels na Christus toe. In Markus 5 is twee sulke desperate mense: Jaïrus en ’n vrou met ’n lewenslange gesondheidsprobleem. Sommige van Jesus se laaste wonderwerke in Galilea het albei met vroue te doen. Markus verbind die verhale aan mekaar omdat beide verhale ’n baie sterk klem op die geloof van individue plaas.
Jaïrus se verbintenis met die sinagoge het beteken dat hy eenvoudig nie vir Jesus kon volg nie. Sy dogter se siekte dwing hom egter om by Jesus hulp te soek. Jesus was die enigste hoop om sy dogter se lewe te red. Jesus genees haar nie net van haar siekte nie, maar red haar lewe. Selfs toe Sy reis na die sterwende kind deur die ander vrou onderbreek is, het Jesus vir Jaïrus geleer dat Hy mag oor lewe en dood het. Geen slegte nuus oor sy dogter se dood moes daartoe lei dat hy sy geloof in Jesus moet laat vaar nie.
Die vrou, Jaïrus, sy dogter en die gemeenskap word deur hierdie gebeure geroep om hulle hart op Jesus te verloor. Deur geloof in Hom ervaar mense totale genesing.
Ek het gewonder hoe ek in hierdie situasies sou opgetree het. Ek sou seker uit nuuskierigheid saamgeloop het om te sien wat gebeur. Nou weet ek egter dat Jesus die Seun van God is wat mag het om enigiets te doen. Glo jy dit?
Here, leer my om U volkome te vertrou, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie