Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Markus 13:13: “Ja, julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.”
Elkeen wat Jesus se naam getrou bely, sal teenstand ervaar. Die Markus-evangelie is geskryf na Jesus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Markus bemoedig sy mense deur te sê dat Jesus binnekort sal terugkom. Wanneer Jesus die vraag van sy dissipels beantwoord oor wanneer die einde sal kom, begin Jesus met die sogenaamde profetiese toespraak. Markus gebruik dit in sy verhaal om gelowiges wat reeds as gevolg van vervolging ly, aan te moedig. Jesus sê dat lyding ter wille van Hom ’n teken van die laaste dae is.
Die tydperk tussen sy hemelvaart en sy wederkoms sal gekenmerk word deur swaarkry as gevolg van onder meer die verwoesting van hongersnood, aardbewings en oorloë. Dit is veral mense wat gelowiges sal laat ly. Gedurende hierdie tyd moet gelowiges in die geloof volhard. Hulle is egter nie alleen nie. Hulle het die Heilige Gees wat hulle sal leer wat om te sê en hoe om op te tree. Die Here laat dus nie sy mense aan hulleself oor nie.
Here, laat my u Naam getrou bely deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie