Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Handelinge 4:12: “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
Soms dink ek dat mense die evangelie nie as goeie nuus ervaar nie, maar as dreigwoorde! Jy moet weer gebore word. . . jy moet in Jesus glo. . . anders. . . Wat is die alternatief? Hel!
Die vroeë Christene het hulle verheug oor die goeie nuus dat Jesus die Verlosser en Saligmaker is! Hulle het ’n goeie reputasie in die gemeenskap gehad, maar die Joodse leiers was nie lief vir hulle nie. In Handelinge 4 word die magtige hoëpriesters by name genoem, asook die raadslede, familiehoofde en skrifgeleerdes. Hulle invloed en krag maak Petrus nie bang nie, want hy praat nie uit eie krag nie, maar is vervul met die krag van die Heilige Gees (8).
Sy woorde is min, maar baie kragtig. Jesus, die een wat gesterf en opgestaan het, is die bron van ons verlossing (4:12). Petrus verwys na Ps 118:22 en pas dit op Jesus toe. Hy wat in die oë van die Jode verwerplik was, word die belangrikste. Sonder hierdie hoeksteen stort die gebou ineen. Sonder Jesus is daar geen verlossing nie.
Ons dreig nie mense met ’n leerstelling nie, maar gee getuienis oor iemand wat totale vryheid bring!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie