Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Handelinge 4:19: “Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God.”
Gelowiges in Handelinge word dikwels voor keuses gestel. In die meeste gevalle gaan dit oor hulle getuienis van Jesus Christus.
Die ondervraers van Petrus en Johannes het ook ’n keuse. Hulle kan die guns van die mense verloor as hulle iets aan hierdie gewilde apostels doen (4:21). Tog wou hulle ook nie hê dat hierdie wonderwerke aan die Naam van Jesus gekoppel moet word nie. Die opsie is dus eenvoudig: dreig hulle en maak hulle stil (4:21).
Hierdie eenvoudige manne het hulle nie laat stilmaak nie. Hulle kies om God eerder as die regters te gehoorsaam (4:19). Elkeen wat met Jesus van Nasaret in aanraking gekom het en wat met die krag van die Gees vervul is, kan nie stilbly nie (4:20). Natuurlik sal ’n prys betaal word, maar dit is die prys wat ons gewillig betaal. God is immers belangriker as die goedkeuring van mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie