Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Prediker 1:2: “Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.”
Robert Francis Goheen was die president van Princeton Universiteit vanaf 1957 tot 1972. Hy het gesê universiteitsopleiding het ons gefaal as ons voel dat beide ons voete op gelyke grond staan. Die lewe is nie so nie. Die lewe is meer ingewikkeld. Dit is wat ons in Prediker lees.
Baie mense hou nie van hierdie boek nie. Hulle voel dat dit ander dele van die Bybel weerspreek. Tog help dit ons om te verstaan dat elke menslike emosie en ervaring plek het in ons lewe voor God.
Wanneer hy sê alles kom tot niks nie, is dit nie ’n nihilistiese opmerking nie. Dit bevry ons eerder van arrogansie. Die lewe het ’n ritme. Daar is ’n herhaling van dieselfde dinge. Niks is nuut nie (1:9-11). Wat voorheen gebeur het, sal weer gebeur.
Soms voel ons so, maar hierdie boek is nie die laaste in die Bybel nie. Ons weet dat hierdie werklikheid nie die laaste is nie. In Christus het ons hoop dat daar ’n nuwe volmaakte werklikheid sal wees, wanneer alle gebrokenheid en sinneloosheid tot ’n einde sal kom. Daarom doen ons wat ons kan om tekens op te rig van die nuwe werklikheid wat die Gees van God in ons wakker gemaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie