No Image Caption

Bybelse wysheid

Yandi Du Plessis
DR. ANNES NEL

2 Johannes 1:7: “Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met ‘die misleier’, ‘die antichris’, bedoel.”

Ons is gemaklik. Ons mag sê wat ons glo. Tog is die Here se kerk nie sonder uitdagings is nie. Een daarvan is om getrou aan die waarheid van die evangelie van Jesus Christus te bly.

Ons kan Johannes se briewe aflei dat daar ’n hewige stryd in die gemeentes en omgewing oor die persoon van Jesus gewoed het (1 Joh. 2:19).

Johannes is baie radikaal oor hierdie mense. Hy noem hulle leuenaars en antichriste (1 Joh. 2:22,23; 4:3; 2 Joh. 1:7). Hulle het nie regtig gemeenskap met God het nie (2 Joh. 1:9). Hulle het nie die Gees van God nie (1 Joh. 4:3).

Hoekom is Johannes so radikaal? Hierdie mense het verwerp dat Jesus waarlik God is wat mens geword het. Johannes sê dat so ’n opvatting oor Jesus sou beteken dat ons nie gered is nie. Slegs God kan ons red. Deur Jesus kom woon God onder ons. Hy versoen, bring bymekaar wat weens sonde verwyder was – God en ons (1 Joh. 2:1,2).

FF Bruce skryf: “Vir ’n gemeente of haar verantwoordelike leiers om willens en wetens toe te laat dat ’n leer wat die evangelie ondermyn onder hulle verkondig word is om deel te neem aan dit wat Johannes as ‘bose werke’ beskryf.”

God van genade, hou U kerk getrou aan die waarheid, Jesus Christus, ons Here. Amen.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!