Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Titus 3:4,5,7: “Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos... So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.”
Luther het gesê dat wanneer Christus terugkom, hy aan ons grafsteen sal klop en sê: “Dokter Martin, staan op.” Hy skryf: “Dan sal ek in ’n oomblik opstaan en vir ewig saam met hom lewe.”
Die vrug van die verlossing in Christus is die ewige lewe. Luther skryf daarom dat hierdie gedeelte mooier is as enige ander in die Bybel. God se genade verskyn in ’n hopelose situasie. Daar is geen hoop wanneer mense van God, hulleself en hul medemens vervreemd geraak het nie (3:3). Die Here se genade seëvier. Waar daar net dood was, skep God lewe uit die dood (3:5). Hy doen dit met die water van die doop en die Gees (3:5). Wat die waterbad van buite doen, naamlik om ons te reinig, doen God van binne af deur sy Gees.
John Farrar Capon het tereg gesê dat genade nie volgens aanvaarde rekeningkundige beginsels werk nie. In die boek van God se genade is daar glad nie eens ’n woord soos “verdien” nie. As die wêreld gered kon word deur gesonde boekhouding, sou ons deur die wet van Moses, nie deur die kruis van Christus nie, gered kon word. Dan kon niemand gered word nie. Ons ontvang die ewige lewe as ’n genadegawe uit God se hand (3:7).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie