Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL:
Galasiërs 2:19,20: “Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.”
’n Doodvonnis wat lei tot die ewige lewe! Dit is waaroor Paulus praat. Hy is dood. Sy ou natuur is gekruisig. Tog leef hy. Deur geloof in Christus het hy ’n nuwe lewe. Christus is sy lewe.
Hierdie nuwe werklikheid is die werk van God. Paulus verwerp nie God se wet nie. Hy maak egter dit duidelik dat die eenheid tussen Christus en ons nie bereik word deur wette te gehoorsaam nie (2:16). Die wet dien eerder om ons bewus te maak dat ons sondaars is (2:17-19). Die wet laat my verstaan dat ek myself nie kan red nie.
Die enigste manier waarop ek die dood kan vryspring, is as iemand die wet in my plek nakom. Dit is wat Jesus gedoen het deur homself vir my op te offer (2:20). Hy leef deur geloof in my. Sy dood het my lewe gebring, en sy opstanding gee lewe aan my! My lewe is eintlik die lewe wat Hy deur my leef (2:20).
As ons staatmaak op ons eie onvoldoende pogings, sal ons desperaat raak, want ons bly misluk. Sonder Christus is daar geen hoop nie, maar wie aan Hom vashou en verby persoonlike pogings kyk om homself te red, het die ewige lewe in Christus!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie