Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Prediker 7:14: “As dit die dag goed gaan, geniet die voorspoed, maar as dit die dag sleg gaan, besef: Ook hierdie dag het God gemaak.”
Wat is beter? Die digter gebruik “beter” stellings om enkele insigte oor te dra (7:1-8). Die digter het ’n siniese lewensbeskouing. Wysheid beteken om krities na die werklikheid te kyk, om te rou eerder as om te lag (7:4). Hy dink dit is beter om bewus te wees van jou sterflikheid as om gretig ’n verjaarsdag te verwag (7:1-2).
Wysheid is om geduld te hê en nie die verlede te verheerlik nie (7:8-10). Verwoesting wag op diegene wat te wys, te regverdig of te goddeloos is (7:16-18). Belangriker nog, wysheid is om te besef dat ons kennis nie in beheer is nie, aangesien God alles bepaal en ons almal uiteindelik doodgaan (7:14-15). Ja, uiteindelik is wysheid onbereikbaar (7:23,24).
Dit is nie die laaste woord nie. Wysheid word in Christus gevind, wat al die verborge skatte van wysheid en insig bevat (Kolossense 2:1-4). Omdat Hy deur sy Gees in ons woon, hoef ons nie pessimisties oor die wêreld te wees nie. Alhoewel die wêreld dalk chaoties lyk, kan en moet ons die lewende Christus in hierdie wêreld uitstraal en hoop bring!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie