Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 8:15: “Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: ’Abba!’ Dit beteken Vader.
Johan Cilliers het ’n mooi storie vertel van kinders wat elke middag in die straat speel. Een gesin se kinders het elke dag op ’n sekere tyd onrustig geraak. Hulle het mekaar gewaarsku wanneer hulle hulle pa om die draai sien kom het. Dan het hulle vinnig huis toe gehardloop want hulle was baie bang vir hom.
Is jy bang vir God? Ek praat nie van ’n gesonde vrees vir God nie. Net slawe is bang. Kinders moenie bang wees vir hulle ouers nie. Mense in wie die Gees van Christus woon, weet dat God hulle liefdevolle Vader en Verlosser is (8:16). Wanneer ander van ’n straffende God praat, verseker die Gees hulle dat God se kinders nie meer veroordeel word nie, maar die ewige lewe sal ontvang (8:1,17).
Moenie in vrees lewe nie. God is vir jou soos ’n ouer wat regtig vir jou omgee en liefhet. Daarom kan ons rus vind in die Here en nie van Hom wegvlug nie. Inderdaad, ons is vry om Hom lief te hê, want Hy het ons lief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie