No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Romeine 14:1: “Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil.”

Ek is reg. Jy is verkeerd. Ek ken die Here langer en beter as jy. Ek het die Gees. Die Here het vir my gesê. Klink dit bekend?

Alhoewel ons elkeen ons eie waarheid en perspektief het, is deernis en openheid vir ander se oortuigings noodsaaklik binne geloofsgemeenskappe. Onverdraagsaamheid veroorsaak baie pyn .

Die vroeë Christelike gemeenskap in Rome het uiteenlopende oortuigings en praktyke onder gelowiges gehad. Sommige het sekere gebruike en wette streng gevolg, terwyl ander liefde bo alles gekies het.

Paulus moedig die kerk aan om verdraagsaamheid vir en aanvaarding van mekaar te betoon (14:1). Liefde en begrip bo omstrede debatte moet kenmerkend wees. Paulus pleit vir ’n inklusiewe gemeenskap waar aanvaarding ’n prioriteit is. In plaas daarvan om ’n mens se eie waarheid as meerderwaardig te beskou, beklemtoon hy die belangrikheid daarvan om God te eer.

As jy werklik oortuig is van jou eie verhouding met God, hoef jy nie met ander gelowiges te stry of hulle opregtheid in geloof te bevraagteken nie. Aanvaar eenvoudig dat hulle ook ’n opregte verhouding met die Here het. As ons in geloof die Here wil eer, is daar nie plek vir onenigheid en verdeeldheid nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!